Lefra VIP Teaterklub
Sluit aan by die Lefra VIP Teaterklub
Sluit nou aan by ons opwindende Lefra VIP Teaterklub, en geniet die beste teater teen laer pryse!
- Twaalf opvoerings per jaar
- Lede-pryse, geen diensfooie
- Vanaf so min as R200 per lid per kaartjie
Voordele
Waarom aansluit?
Die voordele van om aan die Lefra VIP Teaterklub te behoort, is die volgende:
- U bespaar heelwat op teaterkaartjies;
- U word eerste ingelig oor waar en wanneer sekere produksies opgevoer word;
- U ontvang u kaartjies outomaties lank voor die tyd en dit word sommer ook op u eie persoonlike dagboek geplaas;
- U hoef dus nie tyd te verkwis om kaartjies te bespreek nie – dit word outomaties vir u gedoen;
- U ontvang van die beste sitplekke in die teater;
- Daar sal altyd vir ons VIP Klublede ’n sjerrie of wyntjie gratis in die foyer wees;
- U ontvang eksklusiewe aanbiedinge van ons borge soos afslag op die Oppiwater Kunstefees, Van Loveren Wyne, goeie pryse op motors of enige spesiale aanbieding;
- Daar sal vriendskappe tussen klublede gesmee word en dit is ook goeie geleenthede om te netwerk;
- Indien u nie van u kaartjies gebruik kan maak nie, kan u dit vir vriende en familie skenk;
- Maatskappye kan vir meer persone aansluit en dan hierdie kaartjies gebruik vir kliënte of as motivering vir personeel.
Hoe dit werk
Hoe werk die Klub?
Ons probeer die Klub so eenvoudig as moontlik bedryf! Tik op ’n punt om meer te lees.
U sluit aan by ons Teaterklub teen R220 per maand per persoon (R440 vir twee persone);
U moet vir ’n minimum van ’n jaar aansluit – dus vir twaalf maande;
U kan kies of u maandeliks wil betaal of ’n eenmalige betaling wil doen;
Indien u maandeliks betaal, is die koste om aan die Lefra VIP Klub te behoort R220 per persoon (R440 vir twee persone) vir ’n twaalf maande periode;
Indien u ’n eenmalige betaling wil doen, betaal u R2 400 per persoon (R4 800 vir twee persone) vir ’n jaar (12 maande). U kry dus u kaartjies teen R200 per persoon per produksie (R400 vir twee persone);
Indien u vir tien of meer lede aansluit, kry u 15% afslag op die prys hierbo genoem. As voorbeeld: Maandeliks – 10 Lede X R220 = R2 200 (vir 20 persone – R4 400) minus 15% afslag (R330) – dus vir 10 lede betaal u dan slegs R1 870 (vir 20 persone dus slegs R3 740). Hierdie opsie werk dus R187 per persoon per kaartjie uit – beslis die winskoop van die eeu! Eenmalig – 10 Lede X R2 400 = R24 000 (vir 20 persone – R48 000) minus 15% afslag (R3 600 afslag). Die totale eenmalige bedrag vir 10 of meer lede is dus R20 400 (vir 20 persone dus R40 800). Hierdie opsie werk dus R170 per persoon per kaartjie uit – nog ’n groter winskoop!
U besluit watter opsie gaan vir u die beste werk. Daarna is dit baie maklik – volg net die proses hier onder en u is deel van die Lefra VIP Teaterklub.
Op hierdie stadium is die Teaterklub slegs oop vir vertonings in die Gauteng-areas. Ons beplan om dit later na die ander provinsies uit te brei.
Ons waarborg vir u 12 vertonings per jaar, maar gaan poog om dalk ’n dertiende (gelukkige 13) of selfs veertiende vertoning aan te bied. Wanneer ons vir u meer as 12 vertonings kan aanbied, beteken dit dat u gemiddelde kaartjiepryse nog verder verlaag word;
Die vertonings sal periodiek aangebied word, maar nie noodwendig een per maand nie, aangesien ons met beskikbaarheid van teaters en produksies moet werk. Dit mag byvoorbeeld gebeur dat ons twee vertonings in een maand aanbied en dan geen vertoning in die volgende maand nie. Maar aan die einde van die twaalf maande sal u ’n minimum van 12 produksies se kaartjies ontvang het;
Datums van die produksies en u kaartjies sal vroegtydig aan u per epos gestuur word;
U druk die kaartjie uit of stoor dit op u foon en ons sien u by die teater – so maklik soos dit.
Aansluitingsvorm
Word deel van die klub
Vul u besonderhede in, kies u opsie, en betaal veilig — alles in een proses. Dit neem net ’n paar minute.