Lefra VIP Teaterklub
Bepalings en Voorwaardes
Hierdie bepalings is van toepassing op alle lede van die Lefra VIP Teaterklub.
- As lid van die Lefra VIP Teaterklub sal u eerste ingelig word watter produksie wanneer en waar speel;
- Die Lefra VIP Teaterklub is tans net beskikbaar vir teaters in Gauteng;
- Die produksies wat aangebied word, word in verskillende teaters en venus aangebied;
- Die kostes per persoon vir die Lefra Teaterklub is soos aangedui op die besprekingsvorms;
- Die Lefra VIP Teaterklublede moet vir ’n minimum van 12 maande aansluit, waarna die onus dan op die lid rus om te kanselleer. Indien die lid nie kanselleer nie, sal die lidmaatskap outomaties voortgaan;
- Daar sal 10% eskalasie per jaar na die eerste jaar (12 maande) gehef word;
- Betalings vir die Lefra VIP klub sal elke maand op die 28ste dag van die maand gehef word;
- Indien ’n Lefra VIP Klublid se kredietkaart nie suksesvol deurgaan nie, bly die lid steeds verantwoordelik om die volle bedrag van die aansluitingsfooie te betaal. Indien daar enige regstappe geneem moet word, sal die lid verantwoordelik wees vir regskostes;
- Lefra Produksies onderneem om ’n minimum van 12 produksies vir die Lefra VIP Klublede aan te bied oor ’n twaalf maande periode;
- Produksies sal nie noodwendig een per maand wees nie, maar bloot net 12 produksies per jaar. Dit mag wees dat daar in een maand meer as een produksie aangebied word en in ander maande nie een produksie nie;
- Lefra Produksies sal die verskillende produksies aan die Lefra VIP Klublede aanbied soos wanneer en in watter teater dit beplan word. Klublede kan nie datums/teaters/venus verander nie en aanvaar die datums en teaters wat aangebied word soos deur Lefra beplan;
- Indien die Klublid nie ’n spesifieke vertoning kan bywoon nie, kan hy/sy die kaartjies vir iemand anders gee om te gebruik;
- Lefra VIP Teaterklublede aanvaar dat daar van tyd tot tyd veranderings in die program aangebring sal moet word en dat lede die besluit van Lefra so sal aanvaar;
- Kaartjies moet vertroulik hanteer word. Dit sal geskandeer word en die persoon wie se kaartjies eerste geskandeer word, sal sitplekke toegewys word. Indien iemand anders die kaartjies daarna wil gebruik, sal die skandering dadelik uitwys dat die persoon(e) reeds die sitplekke opgeneem het;
- Daar mag van tyd tot tyd sekere veranderings aan die Bepalings en Voorwaardes deur Lefra Produksies gedoen word en Klublede aanvaar die beslissing van Lefra Produksies as bindend en finaal;
- Die program vir produksies sal vroegtydig aan lede gekommunikeer word. Die onus berus by die lid om met Lefra Produksies te kommunikeer indien hy/sy nie kaartjies vir ’n betrokke produksie ontvang het nie. Lede word ook aangeraai om altyd eers in hul “Spam Folders” te kyk of dit nie moontlik daar lê nie;
- Geen kommunikasie sal oor die Bepalings en Voorwaardes toegelaat word nie;
- Alle kommunikasie sal deur epos hanteer word na die epos adres: admin@lefra.com.
Vrae? Kontak ons by admin@lefra.com. ← Terug na aansluiting