Lefra VIP Teaterklub

Sluit aan by die Lefra VIP Teaterklub

Sluit nou aan by ons opwindende Lefra VIP Teaterklub, en geniet die beste teater teen laer pryse!

  • Twaalf opvoerings per jaar
  • Lede-pryse, geen diensfooie
  • Vanaf so min as R200 per lid per kaartjie

Voordele

Waarom aansluit?

Die voordele van om aan die Lefra VIP Teaterklub te behoort, is die volgende:

  • U bespaar heelwat op teaterkaartjies;
  • U word eerste ingelig oor waar en wanneer sekere produksies opgevoer word;
  • U ontvang u kaartjies outomaties lank voor die tyd en dit word sommer ook op u eie persoonlike dagboek geplaas;
  • U hoef dus nie tyd te verkwis om kaartjies te bespreek nie – dit word outomaties vir u gedoen;
  • U ontvang van die beste sitplekke in die teater;
  • Daar sal altyd vir ons VIP Klublede ’n sjerrie of wyntjie gratis in die foyer wees;
  • U ontvang eksklusiewe aanbiedinge van ons borge soos afslag op die Oppiwater Kunstefees, Van Loveren Wyne, goeie pryse op motors of enige spesiale aanbieding;
  • Daar sal vriendskappe tussen klublede gesmee word en dit is ook goeie geleenthede om te netwerk;
  • Indien u nie van u kaartjies gebruik kan maak nie, kan u dit vir vriende en familie skenk;
  • Maatskappye kan vir meer persone aansluit en dan hierdie kaartjies gebruik vir kliënte of as motivering vir personeel.

Hoe dit werk

Hoe werk die Klub?

Ons probeer die Klub so eenvoudig as moontlik bedryf! Tik op ’n punt om meer te lees.

Aansluitingsvorm

Word deel van die klub

Vul u besonderhede in, kies u opsie, en betaal veilig — alles in een proses. Dit neem net ’n paar minute.

Persoonlike besonderhede
Gade / metgesel (opsioneel)
Kies jou opsie

Kies hoe u wil betaal. Indien u vir tien of meer lede aansluit, pas ons outomaties ’n verdere 15% afslag toe.

Totaal nou betaalbaar

Sodra u voortgaan, word u veilig na PayFast geneem om die betaling te voltooi. U kaart word geberg sodat ons u volgens u gekose opsie kan hef — u sluit vir ’n minimum van 12 maande aan.